Nuus


Eerste troos-teddies afgelewer- Beeld
Christel Raubenheimer

Die eerste van die "optogbeertjies" wat ingesamel is tydens protesaksies by die verhoor van Sheldean Human se vermeende moordenaar, is gister reeds afgelewer.

Die Helpende Hand-fonds, `n inisiatief van die vakbond Solidariteit, het gisteroggend meer as 200 teddiebere by die Akasiapolisiekantoor in Rosslyn, Pretoria, gaan afgee.

Die beertjies is geskenk deur mense wat aan betogings by die Pretoriase landdroshof deelgeneem het waar Sheldean se vermeende moordenaar verskyn het.

Die verdagte word daarvan beskuldig dat hy Sheldean vroeer vanjaar in Pretoria Tuine ontvoer en toe vermoor het.

"Hierdie is van die optogbere.

Daar word meer as 1100 kinders (per jaar) in Suid-Afrika vermoor. Ons wil hiermee vir hulle `n stem gee," het me. Mariana Kriel van die Helpende Handfonds gesê.

Die bere simboliseer die vermoorde kinders in Suid-Afrika.

Die fonds beoog om binnekort nog teddiebere by ander polisiekantore te versprei.

Dit sal gebruik word om kinders wat slagoffers van misdaad was, te vertroos wanneer hulle verklarings byvoorbeeld afgeneem word.

Die kind kan boonop na die tyd sy teddie huis toe neem.

"Die beertjies help om die kinders bietjie meer gemaklik te maak; om hulle te laat voel dat iemand hülle liefhet," het me. Sylvia Ngwenya gesê.

Ngwenya is deel van Human Potential Development, `n nie-regeringsorganisasie wat beradingsentrums by verskeie polisiekantore beman.

Die beskermheer van Helpende Hand-fonds se bere-projek is die bekende akteur en regisseur Chris Vorster (Ryno van 7de laan).  

 Stuur na 'n vriend Drukker vriendelike weergawe (Besigtig: 236 | Verwys: 0 | Gedruk: 147)

Volgende:
Sol-Tech bied dalk eersdaags nuwe kursus aan
Sol-Tech rugby leer by die rugbymeesters
Lig flikker in vaardigheidstekort-tonnel- Sake Beeld
Arbeidstoneel kan ontvlam- Sake Beeld
Steve vir president!- Rapport

Vorige:
Twee uit Oprah-skool oor Afrikaans- Rapport
Sol-Tech studente spring weg met praktiese opleiding
Prokureurs in sop by vakbond- Beeld
Beertjies vir kinderslagoffers van geweld
`Regering wou hande op pensioengeld kry`- Sake Beeld


© 2005 - 2008. Solidariteit. Alle regte voorbehou.

[Tuis] [Wie is Ons] [Bestuur] [Voordele] [Sluit aan] [My info] [Kontak Ons] [Soek]

Vrywaring | Terme & Voorwaardes

Ontwerp deur Equadoor
Webmeester

Login