Mediaverklarings


Taai loononderhandelinge duur voort – Solidariteit
Solidariteit, 20 Julie 2010

Die stryd vir loonverhogings bo die inflasiesyfer duur steeds voort, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Solidariteit het ʼn 7%-loonooreenkoms by Dense Media Separation Powders (DMS Powders) en by Manganese Metal Company (MMC) gesluit, asook ʼn 7,5%-loonverhoging by Samancor.

Hier volg ʼn opdatering van die nuutste loononderhandelinge:

• DMS Powders

Ná slegs twee rondes van loononderhandelinge by die grootste vervaardiger van ferrosilikoon in die wêreld, DMS Powders, is daar op 24 Junie ʼn 7%-loonverhoging ooreengekom. ʼn Bykomende R500-verhoging op werknemers se jaarlikse bonus van R13 000 is ook beding. Dié bonus van R13 500 sal jaarliks in twee gelyke paaiemente uitbetaal word.

• MMC

Solidariteit het die afgelope week ʼn loonooreenkoms van 7% by MMC, die grootste vervaardiger van suiwer elektrolitiese mangaanstaal in die wêreld, gesluit. Dié aanbod sluit ook ʼn eenmalige uitbetaling van R3 600 aan alle werknemers in.

• Nuwebande-vervaardigingsbedryf

Loononderhandelinge vir die grootste vervaardigers van bande in Suid-Afrika, waaronder Continental, Dunlop, Bridgestone en Goodyear, word by die bedingingsraad vir die New Tyre Manufacturing Industry (NTMI) hanteer. Onderhandelinge het vandeesweek ʼn dooiepunt bereik nadat Solidariteit die bedingingsraad se loonaanbod van 4,8% en ʼn bykomende produksiebonus van 3%verwerp het. Onderhandelinge word op 27 Julie hervat.

• Silicon Smelters

Solidariteit het ná vier rondes van loononderhandelinge by Silicon Smelters, die grootste vervaardiger van silikon in Suid-Afrika, ʼn geskil verklaar. Die geskil is op 8 Julie verklaar nadat die maatskappy nie sy loonaanbod van 5,5% wou verbeter nie. Solidariteit eis tans ʼn 11%-loonverhoging. Intussen is ʼn bemiddelaar by die onderhandelingsproses betrek om die geskil te besleg.

• Samancor

Loononderhandelinge by Samancor se Metalloys-aanleg in Meyerton het op 23 Junie ʼn dooiepunt bereik, waarna Solidariteit op 19 Julie ʼn loonaanbod van 7,5% aanvaar het. Solidariteit het verder ʼn 6,5%-verhoging op werknemers se jaarlikse bonusse sowel as ʼn R100-verhoging op hulle mediesefondsvoordeel beding.

• Columbus

Columbus, ʼn vervaardiger van vlekvrye staal in Mpumalanga, het verlede week in die tweede ronde van loononderhandelinge by ʼn 5%-loonaanbod vasgesteek. Solidariteit eis ʼn 10%-loonverhoging. Die derde ronde van onderhandelinge gaan binnekort begin.  

 Stuur na 'n vriend Drukker vriendelike weergawe (Besigtig: 99 | Verwys: 0 | Gedruk: 16)

Volgende:
Geen tekens van herstel in die arbeidsektor
Loononderhandelinge by Assmang baan weg vir die toekoms - 26 Julie 2010
Opleidingsinskrywings styg, maar opleidingsvlakke laat veel te wense oor - 22 Julie 2010
Tussentydse ooreenkoms tussen Kumba en ArcelorMittal ʼn oorwinning vir die werknemers – 22 Julie
Wen-wen-ooreenkoms broodnodig tussen Kumba en ArcelorMittal

Vorige:
Traagheid oor gradering kan onderhandelinge in die wiele ry, maan Solidariteit
Telkom se tyd loop uit om vergoedingsprobleem op te los, maan Solidariteit
Eskom topbestuur kry verhoging van 83%, Solidariteit vra vir noodonderhandelings
Shiva Uranium begin met afleggingsproses kort ná oorname van Uranium One
Solidariteit aanvaar nie Eskom-aanbod, maar stel wysigings voor


© 2005 - 2008. Solidariteit. Alle regte voorbehou.

[Tuis] [Wie is Ons] [Bestuur] [Voordele] [Sluit aan] [My info] [Kontak Ons] [Soek]

Vrywaring | Terme & Voorwaardes

Ontwerp deur Equadoor
Webmeester

Login