Mediaverklarings


Solidariteit aanvaar nie Eskom-aanbod, maar stel wysigings voor
Solidariteit, 30 Junie 2010

Die vakbond Solidariteit het vandag aangekondig dat hy nie die huidige vorm van Eskom se jongste aanbod in die loononderhandelinge aanvaar nie. Die vakbond het in ʼn poging om die partye nader aan mekaar te bring bykomende wysigings aan Eskom se hersiene aanbod voorgestel. Eskom is kans gegun tot Maandag om terugvoer oor die nuwe wysigings te gee.

Solidariteit se wysigings op die Eskom-aanbod bestaan uit vier afsonderlike afdelings en volg na aanleiding van ʼn uitgebreide sessie wat die vakbond se elektriese bedryfsraad vandag gehad het.

In sy eerste wysiging eis Solidariteit dat Eskom ʼn minimum diensooreenkoms voor die 2011-loononderhandelinge moet implementeer. Die implementering van dié ooreenkoms sal aan werknemers in Eskom die ruimte vir stakings bied – iets wat tans nie die geval is nie aangesien die maatskappy as ʼn noodsaaklike diens geklassifiseer is.

Die vakbond eis tweedens dat ʼn behuisingstoelaag wat alle werknemers in Eskom sal bevoordeel, ingestel moet word. Volgens Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, bied die huidige aanbod van Eskom slegs ʼn verbetering aan sekere werknemers.

Derdens eis Solidariteit ook dat ʼn volhoubare behuisingsoplossing vir die toekoms gevind moet word voor die loononderhandelinge van 2011, aangesien die huidige aanbod geensins aanvaarbaar vir werknemers is nie.

Solidariteit eis daarbenewens dat die dringende arbeidsprobleme in Eskom aangepak moet word. Die vakbond stel voor dat ʼn eksterne oudit gedoen moet word om die huidige gevoel onder werknemers te bepaal. “Daar is ʼn erge vertrouensbreuk tussen Eskom-werknemers en die bestuur en daarom is ʼn ondersoek noodsaaklik. Dit moet egter nie net by ʼn ondersoek bly nie, maar dringende stappe moet hierna volg om die arbeidsprobleme op te los,” verduidelik Buys.

“Solidariteit is ʼn verantwoordelike vakbond en moet daarom verantwoordelik optree teenoor sy lede en die publiek. Solidariteit is daarvan oortuig dat ʼn skikking wel binne bereik is, as Eskom bereid is om die hersiene eise te oorweeg. Ons is positief dat ʼn ooreenkoms bereik kan word, maar daar is eers ʼn paar brandende kwessies wat aangepak moet word en dit word alles in die hersiene eise vervat,” verduidelik Buys.

Volgens Buys sal Solidariteit waarskynlik reeds môre die hersiene eise met die ander twee vakbonde in Eskom, NUM en NUMSA, bespreek.

Foto’s van die mediakonferensie is beskikbaar by http://www.solmediafiles.co.za/mediakonferensies/2010-06-30/fotos.zip.  

 Stuur na 'n vriend Drukker vriendelike weergawe (Besigtig: 265 | Verwys: 1 | Gedruk: 24)

Volgende:
Taai loononderhandelinge duur voort – Solidariteit
Traagheid oor gradering kan onderhandelinge in die wiele ry, maan Solidariteit
Telkom se tyd loop uit om vergoedingsprobleem op te los, maan Solidariteit
Eskom topbestuur kry verhoging van 83%, Solidariteit vra vir noodonderhandelings
Shiva Uranium begin met afleggingsproses kort ná oorname van Uranium One

Vorige:
Solidariteit maak aankondiging oor Eskom-lone
Nóg ʼn afleggingskok vir Simmers se Buffelsfontein-myn – Solidariteit
Solidariteit sluit nóg mededingende loonooreenkomste
Produksiesektore tel kop op, toon werkskeppingsyfers – Solidariteit
Grootste verlies aan kernkundiges nóg, maan Solidariteit nadat bitter einde vir PBMR aanbreek


© 2005 - 2008. Solidariteit. Alle regte voorbehou.

[Tuis] [Wie is Ons] [Bestuur] [Voordele] [Sluit aan] [My info] [Kontak Ons] [Soek]

Vrywaring | Terme & Voorwaardes

Ontwerp deur Equadoor
Webmeester

Login