Mediaverklarings


Nóg ʼn afleggingskok vir Simmers se Buffelsfontein-myn – Solidariteit
Solidariteit, 29 Junie 2010

Die goudmaatskappy Simmer & Jack (Simmers) het die afgelope Vrydag vir nóg ʼn afleggingskok gesorg toe hy ʼn Artikel 189-kennisgewing vir die aflegging van nagenoeg 20% van die groep se werknemers by die Buffelsfontein Gold Mine (BGM) aan vakbonde oorhandig het. Ingevolge die kennisgewing wat aan Solidariteit oorhandig is, beplan Simmers om 865 van BGM se 4 567 werknemers af te lê. Die meerderheid van die werknemers wat deur die beplande afleggings geraak kan word, werk by BGM se nr. 10-skagkompleks.

Dié afleggings is nie die eerste vir dié myn nie, het Solidariteit vandag gesê. “Simmers het in die afgelope jaar reeds ʼn grootskaalse afleggingsproses hier aangepak. In Augustus 2009 het die maatskappy aangekondig dat hy beplan om 2 500 werknemers af te lê. Hoewel hierdie afleggings tot ʼn groot mate beperk kon word, is 130 permanente werknemers, 222 kontrakwerknemers en 565 werknemers van arbeidsmakelaars in die proses afgelê,” verduidelik Solidariteit-woordvoerder Jaco Kleynhans.

Solidariteit beklemtoon dat die voortdurende afleggings en planne vir afleggings by BGM geweldige druk op werknemers plaas. “Werknemers werk in uiters onsekere omstandighede en sedert die myn in 2005 onder likwidasie geplaas is, was daar ten spyte van Simmers se oorname hier steeds nie langtermynsekuriteit vir die werknemers gewees nie,” volgens Kleynhans.

Intussen maan Solidariteit dat Simmers se lojaliteit ten opsigte van sy ouer bates aan die kwyn is. “Die inkorporering van die Tau Lekoa-myn by die groep verlede jaar sou, volgens die voormalige hoof- uitvoerende beampte, Gordon Miller, BGM se risikoprofiel aansienlik verbeter het. Dit sou na verwagting tot ʼn verdubbeling in produksie vir die groep gelei het, maar nou blyk dit dat dié bate ten koste van ouer bates by Buffelsfontein aangekoop is. Dit is duidelik dat die werknemers nou hiervoor moet boet,” sê Kleynhans. “Daarbenewens is dit nou, danksy die hoë goudprys, eerder tyd vir goudprodusente om deel te hê aan die voorspoed en nie tyd om van kundige werknemers ontslae te raak nie.”

Simmers hou die koste van materiaal vir mynbou, die stygende koste van elektrisiteit en die impak van verlore produksie as gevolg van Artikel 54-sluitings as die redes vir die beplande afleggings voor.

Die maatskappy beplan om die afleggings reeds teen einde Julie deur te voer. Die eerste konsultasieronde is reeds gister gehou.

 

 Stuur na 'n vriend Drukker vriendelike weergawe (Besigtig: 105 | Verwys: 1 | Gedruk: 38)

Volgende:
Telkom se tyd loop uit om vergoedingsprobleem op te los, maan Solidariteit
Eskom topbestuur kry verhoging van 83%, Solidariteit vra vir noodonderhandelings
Shiva Uranium begin met afleggingsproses kort ná oorname van Uranium One
Solidariteit aanvaar nie Eskom-aanbod, maar stel wysigings voor
Solidariteit maak aankondiging oor Eskom-lone

Vorige:
Solidariteit sluit nóg mededingende loonooreenkomste
Produksiesektore tel kop op, toon werkskeppingsyfers – Solidariteit
Grootste verlies aan kernkundiges nóg, maan Solidariteit nadat bitter einde vir PBMR aanbreek
Swak bestuur verantwoordelik vir wankelrige omstandighede by granietmaatskappy, maan Solidariteit
Cele laat aanstelling van oud-polisielede sloer terwyl dienslewering steeds ly, maan Solidariteit


© 2005 - 2008. Solidariteit. Alle regte voorbehou.

[Tuis] [Wie is Ons] [Bestuur] [Voordele] [Sluit aan] [My info] [Kontak Ons] [Soek]

Vrywaring | Terme & Voorwaardes

Ontwerp deur Equadoor
Webmeester

Login