Mediaverklarings


Zuma, Lekota, Zille, Buthelezi en Mulder saam op verhoog by Solidariteit-kongres
Solidariteit

Solidariteit se nasionale kongres vind eerskomende Donderdag, 26 Maart, in Muldersdrift net buite Johannesburg plaas. Aan die vooraand van die nasionale verkiesing het Solidariteit besluit om tydens die kongres ʼn debat oor kwessies soos die ekonomiese krisis, afleggings, vaardigheidstekorte en opleiding te hê. Mnr. Jacob Zuma, leier van die ANC, sal die debat inlei met ʼn toespraak oor wat die regering dink nodig is om al die kwessies suksesvol aan te pak.

Daarna sal al die kwessies deur van die land se grootste partye gedebateer word.

Deelnemers aan die Solidariteit-debat sluit in me. Helen Zille, leier van die DA, mnr. Mosiuoa Lekota, leier van Cope, dr. Mangosuthu Buthelezi, leier van die IVP en dr. Pieter Mulder, leier van die VF+. Die debat sal deur die bekende televisie- en radio-aanbieder Freek Robinson gefasiliteer word.

Solidariteit wil deur middel van sy kongres en die politieke debat waarde toevoeg tot die soeke na oplossings vir sommige van Suid-Afrika se grootste probleme.

Media is welkom om Solidariteit se kongres en die debat by te woon. Alle media wat die kongres wil bywoon moet asseblief vooraf antwoord by marisa@solidariteit.co.za of 012 644 4365.

Datum: Donderdag, 26 Maart 2009

Tyd: 11:00 – 14:00

Plek: Good News Convention Centre, Muldersdrift

Navrae:

Jaco Kleynhans

Woordvoerder: Solidariteit  

 Stuur na 'n vriend Drukker vriendelike weergawe (Besigtig: 213 | Verwys: 0 | Gedruk: 82)

Volgende:
Minister van Arbeid verklaar aan AfriForum Jeug
Solidariteit klop Driefontein-myn op die skouer vir veiligheidsprestasie
Solidariteit doen beroep op bankgroepe om Pamodzi-werknemers te steun
Telkom-uitkontraktering vir eers uitgestel, maar toekoms bly duister, maan Solidariteit
Solidariteit hoop rentekoers sal ekonomie help stimuleer

Vorige:
Solidariteit vra vir noodplan nadat Pamodzi-myn voorlopig gelikwideer word
Solidariteit verwelkom Reserwebank se besluit om vroeër rentekoers-vergadering te hou
Solidariteit-lid sterf ná Sasol-ongeluk
Solidariteit stig Welkom-noodfonds om verligting vir Pamodzi-werknemers te bring
Studente wat gradueer protesteer met geboeide hande teen regstellende aksie voor Departement van Arb


© 2005 - 2008. Solidariteit. Alle regte voorbehou.

[Tuis] [Wie is Ons] [Bestuur] [Voordele] [Sluit aan] [My info] [Kontak Ons] [Soek]

Vrywaring | Terme & Voorwaardes

Ontwerp deur Equadoor
Webmeester

Login