Mediaverklarings


Solidariteit vra vir noodplan nadat Pamodzi-myn voorlopig gelikwideer word
Solidariteit

In reaksie op die besluit van die Pretoriase Hooggeregshof vanoggend om Pamodzi Gold se Orkney-myn voorlopig te likwideer, het Solidariteit ʼn beroep op al die betrokke partye gedoen om saam te staan en dringend ʼn noodplan saam te stel. Dit is ten einde voorsiening te maak vir ʼn moontlik maatskaplike krisis in die gebiede waar Pamodzi myne het. Solidariteit vrees dat vanoggend se hofbesluit tot die platval van die hele Pamodzi-groep aanleiding kan gee, wat sal veroorsaak dat duisende werknemers van die maatskappy hul werk kan verloor.

Volgens Jaco Kleynhans, woordvoerder van Solidariteit, vrees die vakbond dat daar maatskaplike krisisse in plekke soos Orkney, Welkom en Springs kan ontstaan indien Pamodzi-werknemers in hierdie dorpe hul werk verloor. “Inaggenome die huidige ekonomiese probleme in Suid-Afrika en die lae indiensname in die mynbedryf sal dit ʼn baie donker dag vir Pamodzi-werknemers wees sou die myngroep in duie stort. Vakbonde, die regering, maatskaplike organisasies en die mynbedryf sal voorbereiding moet tref om moontlik duisende mense wat sonder ʼn inkomste gelaat kan word, by te staan.”

Solidariteit het reeds verlede week die Welkom-noodfonds vir Pamodzi-werknemers in Welkom gestig nadat werknemers van die myngroep in dié dorp nie hul volle salarisse vir Februarie ontvang het nie.

Pamodzi het in totaal 15 000 werknemers.

Jaco Kleynhans

Woordvoerder: Solidariteit  

 Stuur na 'n vriend Drukker vriendelike weergawe (Besigtig: 258 | Verwys: 0 | Gedruk: 90)

Volgende:
Solidariteit klop Driefontein-myn op die skouer vir veiligheidsprestasie
Solidariteit doen beroep op bankgroepe om Pamodzi-werknemers te steun
Telkom-uitkontraktering vir eers uitgestel, maar toekoms bly duister, maan Solidariteit
Solidariteit hoop rentekoers sal ekonomie help stimuleer
Zuma, Lekota, Zille, Buthelezi en Mulder saam op verhoog by Solidariteit-kongres

Vorige:
Solidariteit verwelkom Reserwebank se besluit om vroeër rentekoers-vergadering te hou
Solidariteit-lid sterf ná Sasol-ongeluk
Solidariteit stig Welkom-noodfonds om verligting vir Pamodzi-werknemers te bring
Studente wat gradueer protesteer met geboeide hande teen regstellende aksie voor Departement van Arb
AfriForum verwelkom uitspraak ten gunste van Suid-Afrikaners in die buiteland


© 2005 - 2008. Solidariteit. Alle regte voorbehou.

[Tuis] [Wie is Ons] [Bestuur] [Voordele] [Sluit aan] [My info] [Kontak Ons] [Soek]

Vrywaring | Terme & Voorwaardes

Ontwerp deur Equadoor
Webmeester

Login