Mediaverklarings


AfriForum verwelkom uitspraak ten gunste van Suid-Afrikaners in die buiteland
AfriForum

AfriForum het vanoggend se uitspraak van die Konstitusionele Hof ten gunste van die reg van alle Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland om te stem, verwelkom as nie net ©° oorwinning vir AfriForum en die ander partye in die saak nie, maar veral ook vir Suid-Afrikaners buite die landsgrense. Volgens AfriForum herbevestig die uitspraak hierdie burgers se grondwetlike regte, asook hulle simboliese verbintenis tot Suid-Afrika. Die afgelope ses maande het meer as 700 Suid-Afrikaners in 47 lande AfriForum versoek om namens hulle vir hierdie reg te beding, wat nou inderdaad met sukses gedoen is.

AfriForum, wat as Vriend van die Hof in die saak opgetree het, het geslaag met al sy versoeke, naamlik dat die Kieswet gewysig word om alle geregistreerde volwasse Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland toe te laat om te stem. Diegene wat wil stem het 15 dae tyd vanaf die datum van die uitspraak, met ander woorde tot 27 Maart 2009, om die OVK in kennis te stel van hulle voorneme om te stem.

AfriForum sal dadelik ©° veldtog van stapel stuur om burgers in die buiteland oor die prosedure in te lig. Deur AfriForum se Kom Huistoe-Veldtog is ©° databasis van etlike duisende adresse van Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaanse organisasies in die buiteland opgebou en hulle sal vandag nog e-pos van AfriForum ontvang.

Volgens Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, is dit noodsaaklik dat Suid-Afrikaners in die buiteland steeds noue bande met hulle vaderland moet handhaaf en nie afgesny moet voel wanneer hulle die land verlaat nie. ¡°Hulle is ©° waardevolle bate in die hedendaagse kennisgedrewe ekonomie en moet dus nie vervreem word deur Suid-Afrikaanse wetgewing, soos wat voor hierdie uitspraak die geval met die Kieswet was nie,¡± het sy bygevoeg.

As burgerregte organisasie wat buite die grense van partypolitiek staan, is dit vir AfriForum van die allergrootste belang dat Suid-Afrikaners buite die landsgrense se grondwetlike reg tot deelname aan die demokratiese proses in die land gerespekteer word.  

 Stuur na 'n vriend Drukker vriendelike weergawe (Besigtig: 225 | Verwys: 0 | Gedruk: 74)

Volgende:
Solidariteit vra vir noodplan nadat Pamodzi-myn voorlopig gelikwideer word
Solidariteit verwelkom Reserwebank se besluit om vroeër rentekoers-vergadering te hou
Solidariteit-lid sterf ná Sasol-ongeluk
Solidariteit stig Welkom-noodfonds om verligting vir Pamodzi-werknemers te bring
Studente wat gradueer protesteer met geboeide hande teen regstellende aksie voor Departement van Arb

Vorige:
Clover beplan om Wesselsbron-kaasfabriek te sluit – meer as 90 kan werk verloor
Samancor Chroom begin proses om nagenoeg 20% van werknemers af te lê
Solidariteit en diamantgroep haaks oor afleggingsproses en salarisse
Solidariteit lê maatskaplike plan aan maatskappye voor om afleggings te buffer
Mynwerkers staak steeds by Pamodzi Gold


© 2005 - 2008. Solidariteit. Alle regte voorbehou.

[Tuis] [Wie is Ons] [Bestuur] [Voordele] [Sluit aan] [My info] [Kontak Ons] [Soek]

Vrywaring | Terme & Voorwaardes

Ontwerp deur Equadoor
Webmeester

Login