Mediaverklarings


Solidariteit en diamantgroep haaks oor afleggingsproses en salarisse
Solidariteit

Vakbond dreig om hom tot Arbeidshof te wend as afleggings voortgaan

As afleggings by die diamantmaatskappy Diamond Core teen 10 April geďmplementeer word, sal die vakbond Solidariteit hom na die Arbeidshof wend en ʼn saak van onbillike ontslag aanhangig maak. Die maatskappy weerhou tot dusver sy finansiële verslae en het aangedui dat dit eers teen einde Maart aan Solidariteit beskikbaar gestel sal kan word. Dit, meen Solidariteit, belemmer die fasiliteringsproses en verhoed ʼn volledige ondersoek na die ekonomiese lewensvatbaarheid van die maatskappy, wat beplan om eersdaags sy deure te sluit.

Diamond Core het in Januarie vanjaar Artikel 189-kennisgewings van die beplande aflegging van nagenoeg 200 werknemers aan die vakbond uitgereik. Die maatskappy het reeds aangedui dat die sestig dae wat vir fasilitering neergelę word, eersdaags verstryk. Dus sal werknemers se kennistydperk op 10 Maart begin.

Solidariteit se besluit volg nadat die vakbond vandeesweek ʼn derde Artikel 189-fasiliteringsvergadering met Diamond Core by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) voortgesit het. Ingevolge die Artikel 189-kennisgewing wat Solidariteit ontvang het, word Diamond Core Mining and Exploration sowel as Sandstraat Eksplorasie deur die beplande afleggings geraak. Beide dié myne sowel as die myngroep se hoofkantoor in Kimberley kan na verwagting gesluit word.

Solidariteit is veral ontevrede met die maatskappy se benadering tot die fasiliteringsproses hoewel die maatskappy self die fasilitering deur die KVBA aangevra het. Maatskappyverteenwoordigers het egter nie die nodige mandate vir fasiliterings ontvang nie.

Intussen is Solidariteit in ʼn stryd met bestuur gewikkel oor werknemers se Februarie-salarisse wat steeds nie oorbetaal is nie. Hoewel die bestuur aan Solidariteit die versekering gegee het dat werknemers se salarisse prioriteit geniet, duur die laat-betaling van salarisse reeds sedert Desember verlede jaar voort.

“Diamond Core se hantering van die afleggingsproses en salarisbetalings laat veel te wense oor. Hoewel die groep aangedui het dat hy eers teen die einde van Maart sy finansiële state aan Solidariteit vir ondersoek kan voorlę, beplan die groep om reeds teen vroeg April sy werknemers af te lę. Solidariteit is daarvan oortuig dat die weerhouding van die maatskappy se finansiële state daarop dui dat die groep nie daartoe verbind is om alternatiewe tot die beplande afleggings te soek nie. Solidariteit sal dié afleggings betwis as dit deurgevoer word, aangesien die vakbond meen dit dui op die onbillike ontslag van werknemers. Dit is onaanvaarbaar dat werknemers se toekoms so minagtend hanteer word alvorens alle opsies om afleggings af te weer oorweeg is,” verduidelik Solidariteit-woordvoerder Jaco Kleynhans.

Solidariteit sal weer op 12 Maart sy fasiliteringsproses met Diamond Core by die KVBA voortsit. Diamond Core hou die dalende diamantpryse sowel as die sukkelende węreld-ekonomie as redes vir die beplande afleggings voor.

Jaco Kleynhans

Woordvoerder: Solidariteit  

 Stuur na 'n vriend Drukker vriendelike weergawe (Besigtig: 192 | Verwys: 0 | Gedruk: 84)

Volgende:
Solidariteit stig Welkom-noodfonds om verligting vir Pamodzi-werknemers te bring
Studente wat gradueer protesteer met geboeide hande teen regstellende aksie voor Departement van Arb
AfriForum verwelkom uitspraak ten gunste van Suid-Afrikaners in die buiteland
Clover beplan om Wesselsbron-kaasfabriek te sluit – meer as 90 kan werk verloor
Samancor Chroom begin proses om nagenoeg 20% van werknemers af te lę

Vorige:
Solidariteit lę maatskaplike plan aan maatskappye voor om afleggings te buffer
Mynwerkers staak steeds by Pamodzi Gold
AfriForum versoek om op te tree as Vriend van die Konstitusionele Hof in more se saak om stemreg vir
Onderwysdepartement se verklaring oor matriekuitslae laat wenkbroue lig
AfriForum doen beroep op internasionale gemeenskap om nie sanksies teen Zimbabwe op te hef nie


© 2005 - 2008. Solidariteit. Alle regte voorbehou.

[Tuis] [Wie is Ons] [Bestuur] [Voordele] [Sluit aan] [My info] [Kontak Ons] [Soek]

Vrywaring | Terme & Voorwaardes

Ontwerp deur Equadoor
Webmeester

Login