|
Sol-Tech bied dalk eersdaags nuwe kursus aan
Sol-Tech gaan moontlik teen volgende jaar ook ʼn 1-jaar kursus in sportbestuur tot sy lys van kursusse toevoeg. Dit volg op die sukses van die afgelope rugbytoer wat die Sol-Tech-rugbyspan vroeër vandeesmaand in Margate onderneem het.
Volgens Theuns Steenkamp, uitvoerende direkteur van Sol-Tech en rugby-organiseerder van die Sol-Tech-rugbyspan, wil Sol-Tech ʼn venootskap met die Margate Sportskool in samewerking met die Sharks Afrigtingsakademie aangaan. Die beplande nuwe kursus sal in Margate aangebied word. Planne vir die kursus sal na verwagting in Junie gefinaliseer word.
 
|