|
Sol-Tech rugby leer by die rugbymeesters
Die Sol-Tech-rugbyspan is na afloop van ʼn suksesvolle rugbytoer reg om soos een man die res van die rugbyseisoen aan te pak.
Die 25 Sol-Tech-spelers is tydens die toer wat vanaf 7 tot 11 Mei by die Margate Sportskool aan die Suidkus aangebied is, onder die bekwame leiding van rugbymeesters van die Sharks Rugbyakademie afgerig.
Theuns Steenkamp, uitvoerende direkteur van Sol-Tech en rugby-organiseerder van die Sol-Tech-rugbyspan, is baie tevrede met sy span se deelname aan die toer. Buiten die ure van intensiewe afrigting het die span in hul enigste toerwedstryd vir ʼn gelykoptelling in hul kragmeting met die plaaslike span, die KZN Vikings, gesorg.
Nou stel die Sol-Tech-span, wat tans nog onder die vaandel van die Centurion Rugbyklub speel, hul visier op die stigting van ʼn selfstandige Sol-Tech Rugbyklub. Die klub sal na verwagting teen 2008 aan die Reserwe-liga deelneem. Hierdeur sal die spelers die kans staan om vir die Blou Bulle se akademiese span in aanmerking te kom, s๊ Theuns. Ons wil nie net vir hulle sport aanbied nie. Ons wil deur sport vir hulle waardes op godsdienstige, sosiale en kulturele vlak leer en ook tradisies skep. Ons wil hulle leer om di้ waardes ook in hulle lewe toe te pas.
Sol-Tech bedank graag die Margate Sportskool vir die borg van die fasiliteite en etes en Solidariteit vir die borg van die span se rugby-uitrustings.
Vrydagaand sal Sol-Tech en Harlequins sake uitspook in hul wedstryd wat om 18:15 afskop. Die wedstryd word op Harlequins se sportgronde in Totiusstraat in Groenkloof gespeel.
Die span se uitslae tot dusver in die seisoen lyk soos volg:
Sol-Tech Weermag (7 7)
Sol-Tech Polisie (34 7)
Sol-Tech Tukkies (5 29)
Sol-Tech KZN Vikings (10 10)
 
|