|
Sedert 1997, toe Solidariteit se huidige uitvoerende hoof, Flip Buys in sy pos aangestel is, het die vakbond se ledetal van sowat 30 000 tot 150 000 toegeneem. Daar sluit elke maand minstens 1 000 tot 2 000 mense by Solidariteit aan. Die vakbond het meer as 20 kantore landwyd en lede word deur meer as 200 personeellede en sowat 2000 vakbondverteenwoordigers in duisende maatskappye bedien. Solidariteit is sedert 2006 ʼn lid van die Confederation of South African Workers’ Unions, oftewel Consawu. Dié lidmaatskap stel die vakbond in staat om op nasionale en internasionale vlak aan die arbeidsdebat deel te neem. Solidariteit het tans lede in byna elke bedryf en maatskappy in Suid-Afrika. Die vernaamste bedrywe waarin Solidariteit kollektief georganiseerd is, is metaal- en ingenieurswese, mynbou, die elektriese bedryf, die telekommunikasiebedryf, die chemiese bedryf, landbou en algemene bedrywe, wat onder andere tersiêre instellings, die lugvaart en ander spesialisvelde insluit.
Solidariteit is bekend as ’n vakbond wat sterk op dienslewering toegespits is en hy het gevolglik die grootste regsafdeling (meer as dertig personeellede, met inbegrip van prokureurs en advokate), die enigste telefoniese vakbond-kliëntedienssentrum, die beste administratiewe stelsels, die beste kommunikasiestelsels en ook die beste ledevoordele.
Solidariteit is ook bekend daarvoor dat hy ’n vakbond is wat vir die gemeenskap omgee. Solidariteit Helpende Hand is by talle maatskaplike projekte betrokke, terwyl die vakbond jaarliks studiebeurse ter waarde van meer as R1 miljoen aan voornemende studente toeken. Die vakbond bied ook opleiding aan honderde jongmense deur sy opleidingsinisiatief, Sol-Tech, terwyl die vakbond se burgerregte-inisiatief, AfriForum, maatskaplike- en gemeenskapskwessies aanpak. Solidariteit het ook ’n maatskappy wat korttermynversekering, persoonlike lenings en finansiële advies aan lede bied.
Solidariteit se leuse is “Ons beskerm ons mense” en dit is wat die vakbond elke dag probeer doen. As jy nog nie by Solidariteit aangesluit het nie, is dit nou ’n goeie geleentheid om dit sommer deur die webblad te doen. Klik hier en word vandag nog deel van die Solidariteit-beweging.
|
||||||
|
Vrywaring | Terme & Voorwaardes Ontwerp deur Equadoor
|
||||||