|
|
|
SITA-herstrukturering ʼn verdoeselde afleggingsproses – Solidariteit |
|
Briewe wat die State Information Technology Agency (SITA) aan verskeie lede van Solidariteit oorhandig het, toon duidelik dat die organisasie se omstrede herstruktureringsproses niks anders as die eerste fase van ʼn grootskaalse afleggingsproses is nie, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Talle Solidariteit-lede is skriftelik ingelig dat hulle poste “oortollig” is in SITA se nuwe struktuur en dat hulle vir nuwe poste, wat in Januarie geadverteer is, moet aansoek doen. Solidariteit se herhaaldelike eis om oor die herstrukturering te konsulteer, het egter op dowe ore geval en die vakbond is besig om ʼn regsmening in te win wat moontlik tot regstappe teen SITA sal lei. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|

|
|
|
|
Aurora aangewys as swakste werkgewer van jaar in Solidariteit-toekennings |
|
Die mynmaatskappy Aurora het vanjaar vir die tweede opeenvolgende jaar met lof Solidariteit se toekenning vir swakste werkgewer van die jaar gewen, het die vakbond vandag aangekondig. Solidariteit vereer ook die werknemers wat die Gautrein-projek suksesvol voltooi het, terwyl Joey Mabasa, die voormalige misdaadintelligensiehoof, ʼn toekenning as swakste hoof van die jaar losgeslaan het. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|

|
|
|
|
Nóg afleggings by Sappi |
|
Die vakbond Solidariteit het vandag bevestig dat hy die afgelope maand vier artikel 189-afleggingskennisgewings, van Sappi se Ngodwana-, Enstra-, Richardsbaai- en Tugela-meule, ontvang het. Ingevolge die kennisgewings sal 959 werknemers moontlik geraak word. Solidariteit is tans in ernstige samesprekings met die werkgewer gewikkel om die vier prosesse te konsolideer sodat dit op een slag by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) hanteer kan word. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|

|
|
|
|
Solidariteit sluit 2011-loonseisoen op hoogtepunt af |
|
Die vakbond Solidariteit het gister die 2011-loonseisoen in die mynbedryf met ʼn gunstige loonooreenkoms met die platinummynmaatskappy, Lonmin, afgesluit. Solidariteit het gister ʼn tweejaarloonooreenkoms vir ʼn loonverhoging van tussen 6,5% en 8%, afhangend van die werknemers se posvlakke en prestasie, vir 2012 en 2013 onderteken. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|

|
|
|
|
Solidariteit gee meer as R259 miljoen se ‘geskenke’ in 2011 |
|
Die vakbond Solidariteit het in 2011 meer as R259 miljoen, oftewel meer as R21 miljoen per maand ‒ nagenoeg drie keer meer as sy gemiddelde maandelikse inkomste uit lidmaatskapgeld ‒ in die vorm van regsuksesse en uitbetaalde ledevoordele-eise vir Solidariteit-lede teruggegee. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|

|
|
|