|
Bepalings & Voorwaardes van Gebruik Let asseblief daarop dat hierdie bepalings en voorwaardes nie gedeeltelik of volledig gekopieër of gebruik mag word sonder die uitdruklike skriftelike toestemming nie van BUYS GEïNKORPOREERDE PROKUREURS, spesialiste in Internet- en e-handelwetgewing: (021) 461 7387. Webwerf: www.buys.co.za GEBRUIK Persone wat die Solidariteit webwerf vir welke rede ookal gebruik, aanvaar en onderwerp hulleself aan die bepalings en voorwaardes asook die privaatheidbeleid van Solidariteit wanneer hulle die webwerf betree soos hieronder uiteengesit. Hierdie webwerf is slegs bedoel om die gebruiker van inligting oor Solidariteit, sy produkte en dienste te voorsien. Solidariteit behou uitdruklik die reg voor om in sy algehele diskresie, enige kriteria of inligting in hierdie webwerf uiteengesit, sonder kennisgewing te verander of te wysig. Niks op hierdie webwerf kan vertolk word as 'n aanbod van Solidariteit aan jou, die gebruiker nie, maar slegs as 'n uitnodiging om besigheid te doen. EIENAARSKAP EN KOPIEREG Al die inhoud, handelsmerke en data op hierdie webwerf, insluitend maar nie beperk tot, sagteware, databassise, teks, grafika, ikone, hiperskakels, private inligting en ontwerpe, is die eiendom van of gelisensieer aan Solidariteit en word sodanig deur plaaslike en internasionale wetgewing en verdrae teen skending beskerm. Alle regte wat nie uitdruklik toegestaan word nie, word voorbehou. Die kopiereg in alle inhoud, inligting, materiaal en logo's wat by Solidariteit gevestig is, sal by Solidariteit gevestig bly en geen reg, titel of belang in enige eiendom of inligting wat in hierdie webwerf vervat word, word aan jou toegestaan nie. Sonder inkorting van die voorgaande, magtig Solidariteit jou om die inhoud van hierdie webwerf, of enige gedeelte daarvan te besigtig, kopieër, af te laai op 'n plaaslike drywer, uit te druk en die inhoud van hierdie webwerf of 'n gedeelte daarvan te versprei, op voorwaarde dat:
ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE Deur hierdie webwerf te gebruik of elektronies met Solidariteit te kommunikeer, stem gebruikers in erken hulle dat enige en alle ooreenkomste, kennisgewings, bekendmakings of enige ander kommunikasie, aan enige regsvereistes voldoen, insluitend maaar nie beperk nie tot die vereiste dat sodanige kommunikasie "skriftelik" moet wees. VERANDERINGE EN WYSIGINGS Hierdie webwerf mag dalk tegniese of ander onakkuraathede of tipografiese foute bevat. Veranderinge en wysigings word van tyd tot tyd aangebring in die inligting hierin en hierdie veranderinge sal in enige nuwe uitgawes van hierdie webwerf geïnkorporeer word. Solidariteit behou die reg voor om enige tyd verbeteringe en/of veranderinge op hierdie webwerf aan te bring. Solidariteit behou die reg voor om sonder kennisgewing die pryse en koerse wat op hierdie webwerf gekwoteer word, te wysig. PRIVAATHEIDBELEID Solidariteit respekteer jou privaatheid en is verbind tot beskermingsbeginsels tov privaatheid. Solidariteit se inligtinginsameling- en -verspreidingspraktyke word in hierdie privaatheidbeleidsverklaring uiteengesit. Terwyl jy hierdie webwerf gebruik, kan inligting oor jou deur ons ingesamel word, of deur jou verskaf word. Sodanige inligting word die eiendom van Solidariteit. Ons het die reg om jou inligting te gebruik om anonieme statistiek op te stel, wat ons eiendom bly. Solidariteit mag hierdie persoonlike inligting gebruik om jou van tyd tot tyd in te lig oor ons produkte, dienste of gebeure. Jy kan enige tyd per e-pos versoek dat Solidariteit ophou om sodanige inligting aan jou te stuur, of versoek dat jou persoonlike inligting van ons databasis of poslys verwyder word. [Onthou om jou korrekte e-posadres te verskaf]. Jy kan ook versoek om toegang te verkry tot enige persoonlike inligting rakende jou wat in Solidariteit se besit is. In Wet 2 van 2000 op die Bevordering van Toegang tot Inligting ("PROATIA") word uiteengesit en voorgeskryf hoe sodanige versoek gerig moet word en in watter omstandighede toegang geweier kan word. Jy kan jou persoonlike inligting bywerk of korrigeer per e-pos [verskaf asb jou korrekte e-posadres hiervoor]. Jy kan ook jou persoonlike inligting wat in ons besit is besigtig en laat korrigeer indien nodig deur 'n skriftelike versoek te rig aan Solidariteit . Solidariteit sal geen persoonlike inligting aan enigiemand, behalwe soos voorsien in die beleid, bekend maak nie. Dit mag dalk nodig wees om persoonlike inligting aan werknemers of agente van Solidariteit bekend te maak, wat sodanige inligting nodig het om hul werk te doen. Daar kan ook situasies ontstaan waar die wet van ons vereis om jou persoonlike inligting bekend te maak. In alle ander situasies, behalwe in die geval dat Solidariteit of sy mededienste of -webwerw(e) verkoop word, sal Solidariteit nie jou persoonlike inligting bekend maak sonder om jou vooraf in kennis te stel en jou kans te gee om toestemming daartoe te gee nie. Solidariteit neem nie verantwoordelikheid nie, gee nie waarborge nie en maak geen voorstellings ten opsigte van die privaatheidbeleide of praktyke van gekoppelde of enige derdeparty-webwerwe nie. Solidariteit behou die reg voor om enige tyd die bepalings en voorwaardes van hierdie privaatheidbeleid te wysig. Dis jou verantwoordelikheid om elke keer as jy die Solidariteit webwerf betree, enige sodanige veranderinge deur te kyk. Jou volgehoue gebruik van die webwerf nadat veranderinge aanlyn versend is, bevestig jou aanvaarding van hierdie beleid soos gewysig deur sodanige veranderinge. Indien jy enige navrae of kwelvrae het oor hierdie beleid of die manier waarop ons jou persoonlike inligting hanteer, kontak ons asseblief per e-pos. VERSENDING VAN INLIGTING Die gebruiker erken dat inligting wat via die Internet versend word, insluitende e-pos sonder beperking, blootgestel is aan monitering en onderskepping. Die gebruiker word dus afgeraai om enige inligting wat vertroulik, privaat of sensitief is na Solidariteit te versend. Die gebruiker sal volkome verantwoordelik wees vir die versending van sodanige inligting op hierdie wyse en Solidariteit sal onder geen omstandighede aanspreeklik wees vir verlies, nadeel of skade wat die gebruiker as gevolg van daarvan mag ly nie. Solidariteit behou die reg voor om onafhanklike verifikasie van enige inligting wat via e-pos versend word te versoek en die gebruiker stem in tot sodanige verifikasie sou Solidariteit dit nodig ag. Enige inligting of materiaal wat aan Solidariteit gestuur word, word as vertroulik beskou, tensy skriftelik anders ooreengekom deur die gebruiker en Solidariteit. KOPPELING EN RAAMKOPIëRING Enige persoon, besigheid, entiteit of webwerf word uitdruklik verbied om met enige blad van hierdie webwerf, insluitende die tuisblad, te koppel sonder vooraf skriftelike goedkeuring van Solidariteit . Enige persoon, besigheid, entiteit of webwerf word uitdruklik verbied om enige bladraam van hierdie webwerf, insluitende die tuisblad, op enige manier te kopieër sonder vooraf skriftelike goedgeuring van Solidariteit. OOREENKOMSTE INGEVOLGE KLOUSULE 21 VAN DIE WET OP ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE EN TRANSAKSIES Geen inligting of data op hierdie webwerf is 'n aanbod nie, maar bloot 'n uitnodiging om besigheid te doen. Geen ooreenkomste sal aangegaan word deur bloot 'n databoodskap aan hierdie webwerf of sy eienaars te stuur nie. Geldige ooreenkomste vereis erkenning van ontvangs deur hierdie webwerf. SOEKTEGNOLOGIE Die gebruik van nie-kwaadwillige soektegnologie soos "webruspers" of "webspinnekoppe" om inligting op hierdie webwerf te soek en verkry word nie toegelaat as sodanige tegnologie lei tot vertraging van die webwerf se bediener en/of tot kopieregskending van enige data en inligting wat op hierdie webwerf beskikbaar is nie. Data en inligting mag slegs ingevolge klousules 5 en 7 hiervan gebruik word. KOPPELING MET DERDEPARTYWERWE Solidariteit kan koppelings aan die gebruiker verskaf as 'n gerief en die insluiting van enige koppeling impliseer geensins dat Solidariteit sodanige werwe onderskryf nie. Gekoppelde webwerwe of blaaie is nie onderhewig aan die beheer van Solidariteit nie. Solidariteit kan geensins direk of indirek verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir die inhoud, gebruik of onvermoë tot gebruik, of toegang tot enige gekoppelde webwerwe of enige koppelings wat in 'n gekoppelde webwerf voorkom nie. SEKURITEIT Enige persoon, besigheid of entiteit word uitdruklik verbied om ongemagtigde toegang te kry of probeer kry tot enige blad op hierdie webwerf, of om enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode op hierdie webwerf af te laai of te probeer aflaai. Enige persoon wat enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode op hierdie webwerf aflaai of probeer aflaai, of probeer om ongemagtigde toegang tot enige blad op hierdie webwerf te kry, sal krimineel aanspreeklik gehou word en indien Solidariteit enige skade of verlies daardeur sou ly, sal siviele skade geëis word. VRYWARING Hierdie webwerf en die inligting daarin vervat word verskaf "soos dit is" en Solidariteit maak geen uitdruklike of geïmpliseerde voorstellings of waarborge tov hiervan nie. Sonder om die omvang van die voorgaande in te kort:
RISIKO & BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID Die gebruiker gebruik hierdie webwerf en die inligting daarin geheel en al op eie risiko en die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikheid en risiko van verlies wat uit die gebruik daarvan voortspruit. Nóg Solidariteit, sy affiliasies, of hulle aandeelhouers, agente, konsultante of werknemers sal aanspreeklik wees vir enige skade hoegenaamd, insluitend, sonder beperking, enige direkte, indirekte, spesiale, toevallige, gevolglike of bestraffende skadevergoeding, hetsy in 'n aksie voortspruitend uit kontrak, wet, onregmatige daad of andersins, rakende die gebruik van, of onvermoë om hierdie webwerf of die inligting daarin vervat, te gebruik. Hierdie klousule is nie van toepassing op klousule 43(5) en (6) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies nie. Hoewel alle redelike stappe gedoen is om die akkuraatheid en veiligheid van die Solidariteit webwerf te verseker, word die produkte en dienste wat op hierdie webwerf geadverteer word op die gebruiker se eie risiko gebruik. Die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikehid en risiko van enige besering, skade of verlies wat uit die gebruik daarvan voortspruit. Solidariteit sal nie aanspreeklik wees vir enige persoonlike of fisiese skade of verlies, hoe ookal veroorsaak, hetsy direk of indirek, voortspruitend uit die gebruik van die Solidariteit webwerf nie. SKEIBAARHEID Hierdie Bepalings en Voorwaardes vir Gebruik verteenwoordig die volledige ooreenkoms tussen Solidariteit en jou, die gebruiker van die webwerf. Enige versuim deur Solidariteit om enige reg of bepaling van hierdie Bepalings en Voorwaardes vir gebruik uit te voer of af te dwing, verteenwoordig geensins 'n kwytskelding van sodanige reg of bepaling nie. In die geval waar enige bepaling of voorwaarde vir die gebruik van hierdie webwerf om welke rede ookal nie volkome afdwingbaar of geldig is nie, sal sodanige bepaling(s) of voorwaarde(s) skeibaar wees van die oorblywende bepalings en voorwaardes. Die oorblywende bepalings en voorwaardes sal nie deur sodanige onafdwingbaarheid of ongeldigheid beïnvloed word nie en sal afdwingbaar en toepaslik bly. TOEPASLIKE WETGEWING Hierdie webwerf word vanuit die Republiek van Suid-Afrika aangebied en Suid-Afrikaanse wetgewing en die jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse howe beheer die gebruik van hierdie webwerf of die onvermoë om dit te gebruik. In geval van enige dispuut van hoegenaamd enige aard tussen die partye oor enige aangeleentheid waarvoor in hierdie ooreenkoms voorsiening gemaak word, of wat hieruit ontstaan, sal so 'n dispuut onderwerp word aan vertroulike arbitrasie ingevolge die reëls van die Arbitrasiestigting van Suid-Afrika. Die arbitrasie reëls kan hier afgelaai word: http://www.arbitration.co.za/Pages/docs/expedited_rules.pdf KONTAKBESONDERHEDE As jy enige vrae of navrae het, of toestemming wil vra om enige gedeelte van hierdie webwerf te gebruik, insluitend koppeling, raamkopiëring of soekfasiliteite, kontak ons asseblief by: © 2002 BUYS GENKORPOREERDE PROKUREURS Alle regte voorbehou. |
||||
|
Vrywaring | Terme & Voorwaardes Ontwerp deur Equadoor
|
||||