Sluit aan

Daar is twee tipes lidmaatskap*:

Een vir kollektiewe lede (persone wat by groot maatskappye werk waar Solidariteit reeds 'n kollektiewe ooreenkoms het, of by maatskappye wat in groepsverband bedien word en deur Solidariteit as kollektief geag word). Lidmaatskap vir kollektiewe lede beloop R 75 per maand en word van die lid se salaris afgetrek.

Die tweede tipe lidmaatskap is vir individuele lede wat by maatskappye werk waar Solidariteit nie 'n erkenningsooreenkoms het nie en lede nie in groepsverband bedien word nie. Hierdie lede betaal R 77 per maand lidmaatskap en die fooi word per debietorder van die lid se bankrekening verhaal.

* Persone ouer as 50 wat by die vakbond aansluit en nie by 'n kollektiewe maatskappy werksaam is nie (bedoelende 'n maatskappy waarmee Solidariteit 'n erkenningsooreenkoms het, of waarin organisatoriese regte deur die maatskappy aan Solidariteit toegeken is, of 'n maatskappy wat deur Solidariteit as "kollektief" ingedeel is) kwalifiseer nie vir die permanente ongeskiktheidsvoordeel of die begrafnisvoordeel nie. Dit beteken met ander woorde dat persone ouer as 50, wat as individuele lede by die vakbond aansluit, nie die voorafgenoemde voordele geniet nie.

* Kansellering van lidmaatskap

Kansellering van Solidariteit-lidmaatskap is onderhewig aan 30 dae skriftelike kennisgewing wat regstreeks aan die vakbond gestuur moet word.

 

Die aanlyn-aansoekvorm wat op hierdie webblad voltooi kan word, is slegs vir individuele lede (debietorder-lede).

Klik

Indien 'n persoon in 'n groot maatskappy, waar Solidariteit reeds 'n ooreenkoms met die werkgewer het, wil aansluit kan hy/sy Solidariteit se dienssentrum by 0861-25-24-23 skakel of die naaste Solidariteit-kantoor besoek.

Enige persoon (kollektief en individueel) wat wil aansluit kan ook die aansoekvorm wat hieronder in pdf-formaat beskikbaar is, druk, invul en na Solidariteit se hoofkantoor by (011) 388 2520 faks.

  
Klik


© 2005 - 2011. Solidariteit. Alle regte voorbehou.

[Tuis] [Wie is Ons] [Bestuur] [Voordele] [Sluit aan] [My info] [Kontak Ons] [Soek]

Vrywaring | Terme & Voorwaardes

Ontwerp deur Equadoor
Webmeester

Login