ledegeld-verhoging

KlikSolidariteit bied die beste beskerming teen die beste prys

Solidariteit beskerm sy lede op verskeie terreine, in die werkplek, in die maatskaplike omgewing, in hulle burgerregte omgewing, met byvoordele en vele meer.

Werknemers sit telkens hande in die hare as dit kom by die beskerming van hul regte in die werkplek. In baie gevalle is werknemers oningelig oor hul regte en dan word daar uit desperaatheid by kenners aangeklop, maar teen ʼn prys. Dit is juis daarom dat talle werknemers wat nie die beskerming van ʼn vakbond geniet nie, in die stilligheid ly. Dit is egter nie die geval van Solidariteit-lede nie want hier ontvang lede die beste beskerming (op verskeie gebiede) teen die beste prys.

Solidariteit bied aan sy lede verskeie ledevoordele – voordele wat op ʼn permanente basis aan lede beskikbaar is teen ʼn minimale maandelikse bedrag. Solidariteit se ledegeld verhoog vanaf 1 Maart met R6. Dus sal kollektiewe lede voortaan R70 per maand en individuele lede R72 per maand vir lidmaatskap betaal. Voortsettingslede betaal nou R46 per maand.

Solidariteit lidmaatskapfooie het glad nie in 2009 gestyg nie. Die laaste lidmaatskapstyging was in 2007, met ‘n R10 bydrae vir die Solidariteit Groeifonds wat in 2008 bygevoeg is.

Solidariteit het gaan bepaal presies wat die ware prys van vakbondlidmaatskap by Solidariteit is.
Lees die artikel. Klik hier.

Waarvoor gaan elke sent van jou ledegeld?
Klik hier om te sien waarvoor jou ledegeld gebruik word.

Luister na Flip Buys se boodskap aan Solidariteit-lede oor die ledegeldverhoging: klik hier


© 2005 - 2010. Solidariteit. Alle regte voorbehou.

[Tuis] [Wie is Ons] [Bestuur] [Voordele] [Sluit aan] [My info] [Kontak Ons] [Soek]

Vrywaring | Terme & Voorwaardes

Ontwerp deur Equadoor
Webmeester

Login